Wegraping 21 Mei AD 2011 ……. Laaste Dag 21 Oktober AD 2011

(Openb 10:5-7) En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef, en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie; maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.

Kan dit waar wees dat ons in die tyd van die einde leef…?

Ja, die tyd van die einde waarna so baie volgelinge van Jesus Christus deur die eeue heen uitgesien het…!

Alles binne die verloop van God se fyn uitgewerkte wonderlike verlossingsplan wat vir ons in die Woord van God, die Bybel aangeteken is. Jesus het dikwels die uitdrukking gebruik: daar is geskrywe.

Kan dit wees dat al die verborgenhede aangaande die tyd van die einde toe al die tyd in die Woord van God geskrywe staan, en ons dit nou eers kan verstaan, omdat die volheid van die tyd  of die tyd van die einde aanbebreek het.

God wat die Skepper van die hemele en aarde en dus Koning van die heelal is, het hierdie verborgenhede in Sy Woord, die Bybel geskrywe en Hy sou die woorde geheim hou en verseël totdat die tyd van die einde in die verloop van die geskiedenis sou aanbreek ?

Eers wanneer die volheid van die tyd sou aanbreek sou Hy toelaat dat die mens dit wat Hy  in Sy Wetboek (die Bybel) geskrywe het, korrek sou verstaan.

11013 VC – Skeppingsjaar (Genesis 1)

10883 VC – Set gebore toe Adam 130 jaar oud was (Genesis 5:3)

10778 VC – Enos gebore toe Set 105 jaar oud was (Genesis 5:6)

9873 VC – Einde van Enos se periode as Kalender Patriarg, 905 jaar na sy geboorte wat ook die geboortejaar van Kenan is en die begin van sy periode as Kalender Patriarg (Genesis 5:11)

8963 VC – Einde van Kenan se periode as Kalender Patriarg (Genesis 5: 14)

8068 VC – Einde van Mahalálel se periode as Kalender Patriarg (Genesis 5:17)

7106 VC – Einde van Jered se periode as Kalender Patriarg (Genesis 5:20)

6741 VC – Einde van Henog se periode as Kalender Patriarg (Genesis 5:23)

5772 VC – Einde van Metúsalag se periode as Kalender Patriarg (Genesis 5:27),  wat ook die geboortejaar van Lameg die vader van Noag was

5590 VC – Geboortejaar van Noag (Genesis 5:28-29)

4990 VC – Jaar van die Vloed in die dae van Noag (Genesis 7:6)

4488 VC – Sterfjaar van Sem 502 jaar na die Vloed (Genesis 11:10-11), dit is die jaar van die geboorte van Arpagsad en die begin van sy periode as Kalender Patriarg

4050 VC- Einde van Arpagsad se periode as Kalender Patriarg (Genesis 11:12-13)

3617 VC – Einde van Selag se periode as Kalender Patriarg (Genesis 11:14-15)

3153 VC – Einde van Heber se periode as Kalender Patriarg (Genesis 11:16-17)

Die gebeure rondom die toring van Babel moes tussen 2914 VC en 3153 VC plaasgevind het (Genesis 10:25 en Genesis 11:1-9)

2914 VC – Einde van Peleg se periode as Kalender Patriarg (Genesis 11:18-19)

2675 VC – Einde van Rehu se periode as Kalender Patriarg (Genesis 11:20-21)

2445 VC – Einde van Serug se periode as Kalender Patriarg (Genesis 11:22-23)

2297 VC – Einde van Nahor se periode as Kalender Patriarg (Genesis 11:24-25), ook die geboortejaar van Tera en die begin van sy periode as Kalender Patriarg

2167 VC – Geboortejaar van Abram vir Tera toe hy 130 jaar oud was (Genesis 11:26-32 en Genesis 12:4)

2157 VC – Geboortejaar Sara

2092 VC – Sterfjaar van Tera in Haran op ouderdom 205 jaar (Genesis 11:32), Abraham se aankoms in die land Kanaän

2081 VC – Geboortejaar van Ismael (Genesis 17:24-27)

2068 VC – Besnydenis van Abraham op ouderdom 99 jaar en Ismael op ouderdom 13 jaar (Genesis 17:24-27) 

2067 VC – Geboortejaar van Isak toe Abraham 100 jaar en Sara 90 jaar oud was (Genesis 17:17 en Genesis 21:5)

2030 VC – Sterfjaar van Sara op ouderdom 127 jaar (Genesis 23:1)

2027 VC – Isak trou met Rebekka op ouderdom 40 jaar (Genesis 25:20)

2007 VC – Geboortejaar van Jakob en Esau toe Isak 60 jaar oud was (Genesis 25:26)

1992 VC – Sterfjaar van Abraham op ouderdom 175 jaar (Genesis 25:7), Isak (75 jaar) en Jakob en Esau (15 jaar)

1967 VC – Esau neem op ouderdom 40 jaar vir Judit en Basmat as vroue (Genesis 26:34)

1944 VC – Sterfjaar van Ismael op ouderdom 137 jaar (Genesis 25:17)

1916 VC – Geboortejaar Josef

1886 VC – Josef word op ouderdom 30 jaar deur die Farao oor die hele Egipteland aangestel (Genesis 41:46), ook die begin van 7 jare van groot oorvloed (Genesis 41:29)

1879 VC – Begin van 7 jare van hongersnood, tyd van groot verdrukking

1877 VC – Jakob hoor op ouderdom 130 jaar dat sy liefling seun Josef leef en trek in die tweede jaar van hongersnood uit die land Kanaän na Egipteland (Genesis 45:6 en Genesis 47:9)

1860 VC – Jakob sterf 17 jaar na sy aankoms in Egipteland op ouderdom 147 jaar (Genesis 47:28)

1806 VC – Josef sterf op ouderdom 110 jaar in Egipte (Genesis 50:22)

1447 VC – Exodus na 430 jaar se verblyf in Egipteland (Exodus 12:40-41)

1407 VC – Israel trek na ‘n swerftog van 40 jaar in die woestyn die beloofde land, die land Kanaän binne (Exodus 16:35, Joshua 5:6-12, Numeri 14:34 en Numeri 32:13)

Era van die Rigters 1407 VC – 1047 VC

1047 VC – Saul word as eerste koning van Israel gekroon

1007 VC – Dawid word gekroon as koning van Israel toe hy 30 jaar oud was

7 VC – Geboortejaar van Jesus Christus

33 AD – Jaar van die kruisiging Jesus Christus

1988 AD – Skepping 13000 jaar oud, begin van die tyd van Groot Verdrukking, einde van die kerk-era

1994 AD – Jubilee, en begin van die “final harvest” waartydens ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie gered word uit alle volke, tale, stamme en nasies gered word

2011 AD – Mei 21 die “laaste dag” van die ware gelowiges op hierdie aarde wanneer hulle weggevoer gaan word die Here tegemoet in die lug, waarna ‘n 5 maande (153 dae) periode van “pyniging” sal volg waarvan Openbaring 9 praat, en waarna dit dan sal eindig op die  die Oordeelsdag op 21 Oktober 2011!!!

(Dan 12:4) En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

3 Responses to “Wegraping 21 Mei AD 2011 ……. Laaste Dag 21 Oktober AD 2011”

  1. johan Says:

    Dankie vir hierdie inligting. Het julle enige Afrikaanse bybelstudies?

  2. familyradiosuidafrika Says:

    Johan dankie vir die navraag ek sal solank van die studies wat ons in Afrikaans beskikbaar het vir jou e-mail.

  3. joubert Says:

    Papa het jy hierdie website gesien…?

Leave a Reply